Om hom te los... - By Joseph Reynders
Written By: Joseph Reynders
Category: Short story
Competition: Global Poetry and Creative Writing Competition 2026
Joseph Reynders presents a poignant narrative titled "Om hom te los..." in the Short Story category of the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026. This introspective piece explores the profound emotional landscape of making difficult choices within the context of love and family. Reynders' storytelling showcases a delicate balance between the heart's desires and familial bonds, set against a backdrop of tender reflections.
About the Work
"Om hom te los..." delves into the emotional turmoil faced by an individual caught between the love for a partner and the ties to family. The narrative's evocative imagery and rich, emotive language create a vivid tapestry of longing, uncertainty, and the weight of decision-making. Through an introspective lens, Reynders captures the essence of internal conflict and the pursuit of harmony between heart and home.
Om hom te los...
Original Submission by Joseph Reynders
Om hom te los…
“Dit is ‘n nuwe toekoms vir ons. Dink daar aan, my lief. Aseeblief, doen dit vir my.” Sy woorde draai deur my kop in slaaplose aande. Die letters swem voor my oë met ‘n kinderlike vreugde. Onbewus van die gewig wat hulle dra. “Ek sal dit doen. Vir ons.” Wanneer sy woorde eventueel verlore raak, kom neem my woorde hul plek in my oseaan van onsekerheid.
Die hemel lê bo ons terwyl ons op die sagte gras lê. Ek kyk vir hom met dryfende oë om sy aandag te kry. “Ja my lief?” Die woorde waaroor ek so wonder sukkel om te vorm met my geknoopte tong. “Wat van my familie?” Die kleinste vraag lê soos ‘n rouklaag in die stilte, maar tog moet sy weet. “Ons sal kom kuier. Ons moet weer terug kom een dag. Dit is net vir ‘n paar jaar ek belowe.”
Wanneer slaap my uiteindelik toe vou soos ‘n kombers, kry ek drome oor daardie aand. Net ‘n paar jaar sê hy? Die tyd wat ek verloor van my suster. My suster wat moet bly. Die keuse tusen my liefde en my suster skeur my van die binnekant uit. Die twee kante van my hart...
Terwyl ek in die aande huil, hoor ek die melodie van my liefling se hart. Die drom van sy hartklop laat my siel begin beweeg. Eers stadig en ongemaklik. Maar ek vang die ritme van Lewe met oop arms en ek waltz met hom ver oor die wêreld. Daar waar ek nie hoef te huil nie. Ek hoef net te dans.
Musiek speel iewers tussen die sterre terwyl die heelal om ons draai. Elke ster met sy maat in ‘n bal van die hemele. Maar die musiek begin vinnniger en harder speel terwyl die melodie dood gaan. Die sterre begin flikker en Lewe los vir my. Ek sien alles verby my glip soos hy vir my kyk met trane in sy oë.
My hart klop buite my bors wanneer ek wakker skrik. Die stilte van die wêreld in sterk kontras met wat gebeur het. My liefling lê en slaap terwyl die diere van die donker hulle aandlikse konsert sing.
Die dag het aangebreek. Die dag van besluit. Die foon bewe in my hand terwyl ons as liefde en liefling kyk na die aankope van die vliegtuig kaartjies. Met geen twyfel praat hy met entoesiasme oor die vlug na ‘n nuwe lewe. Hy praat so maklik oor alles agter los terwyl hy die opsies druk.
O hoe ek smag na die plek waar ek net hoef te dans.
About the Competition
The Global Poetry and Creative Writing Competition 2026 by Hashtag Kalakar is a prestigious platform celebrating the art of storytelling. Open to writers worldwide, it encourages creativity and self-expression, providing an opportunity for writers to share their unique voices and perspectives on a global stage.
We extend our heartfelt thanks to Joseph Reynders for sharing "Om hom te los..." in the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026. Your poignant storytelling and exploration of complex emotions resonate deeply. We are grateful for your contribution and look forward to your continued creative journey.
About Hashtag Kalakar
Hashtag Kalakar is a creative platform dedicated to providing artists, writers, singers and other creative talents with opportunities to showcase their work and reach wider audiences through competitions, features and creative initiatives.


Comments