top of page

Die Skipper Groet - By Barbara Geldenhuys

2 hours ago
7 min read

Written By: Barbara Geldenhuys

Category: Sonnet Redouble Poem

Competition: Global Poetry and Creative Writing Competition 2026

In the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026, Barbara Geldenhuys presents "Die Skipper Groet," a profound Sonnet Redouble Poem. This work invites readers on an introspective journey, reflecting on life's voyages and the passage of time. Geldenhuys's contribution to the poetry category is a tribute to the enduring themes of exploration, identity, and the human spirit's resilience.

About the Work

"Die Skipper Groet" is a vivid tapestry of maritime imagery, weaving together the highs and lows of life's journey. The poem encapsulates the rhythm of the sea as a metaphor for the passage of time and personal growth. Through its sonnets, Geldenhuys masterfully employs rich language and a reflective tone to explore themes of adventure, legacy, and the search for home, creating a deeply resonant piece.

Die Skipper Groet

Original Submission by Barbara Geldenhuys

Die Skipper Groet

Sonnet 1

Ons vind net ons weg om huistoe te gaan,

Soos vuurtorings ’n boot se koers verlig.

Die eerste asemteug laat ons bestaan,

Gedagtes wat gevorm is en gerig.

Die wye see gun jou ’n nuwe tog.

Gebou, toegerus is reeds standvastig,

Kompas, anker, onbekende kaart nog,

Word versterk deur son en wind so magtig.

Soms dobber die boot en voete dompel,

Dis eb en vloed, val en loop, dis lewe.

Jy skree oorboord of net ’n gemompel,

As kind is jy klein maar Godgegewe.

Jou reis begin, na avontuur op soek –

’n Nooiensvaart vasgevang in ’n boek.

Sonnet 2

’n Nooiensvaart vasgevang in ’n boek,

Dankbaar tree vir tree, jou oë is groot.

Opinies en strome vorm ’n hoek,

Beginsels en gewoontes word ontbloot.

Papierbootjies verander in ‘n skuit,

Bene word sterker en woorde gespreek.

Oor gunsteling-speelgoed word nog besluit,

’n Toon gestamp en roeispane gebreek.

Die wil is daar, al is die drifbui erg,

Want ons kinderjare het nou begin,

Waar molshope verander in ’n berg,

Want kind-begrip is nog maar bitter min.

Laggend, spelend, soos ’n wilde orkaan,

Al struikel jy sal die lig jou pad baan.

Sonnet 3

Al struikel jy sal die lig jou pad baan,

Ons moet leer swem en die gety beheer.

Water gee rykdom, maar kan jou verslaan,

Ons dryf, ons kyk en staan op elke keer.

Allegaartjie van studeer, lag en speel,

Absorbeer inligting net soos ’n spons,

Vasgeheg aan die bodem en bly deel

Van die koraal wat die gesin laat gons.

Klotsende water wil jou boot omdop,

Skielik raak jou energie onstuimig,

Dit vat, dit los, dit gooi, dit word ’n flop.

Die wêreld daar buite voel onveilig,

Knus begin jou familie om jou kloek,

Dit beskerm jou teen die ou seevloek.

Sonnet 4

Dit beskerm jou teen die ou seevloek.

Oos wes tuis bes, terwyl die seile sing,

Waar jy anker en skilder op ’n doek

En trots jou fondament na vore bring.

Tog kan jeugwinde jou vorentoe jaag,

’n Skudding wat tsunami’s laat ontwaak.

Dan is dit wanneer jou koers kan vervaag,

Maar jou ontwerp is waterdig gemaak.

Horisonne is rooi, dit skitter blink,

Jy stap as seeman op die water dan;

Borrelende sjampanje word geskink,

Dit skenk geboorte aan ’n toekomsplan.

Sy onverdiende guns is die aanmelder:

Vertrou die Een wat die nag ophelder.

Sonnet 5

Vertrou die Een wat die nag ophelder,

Dis belangrik om ware Noord te hou.

Groei vind plaas in die hart se skeepskelder,

Beloftes word gevorm sommer nou.

Binnemure van jou geborge baai

Raak skielik te klein vir die wilde gees.

As die wind van verandering waai,

Moet jy leer om op die diepsee te wees.

Jy toets jou seile teen die koue lug,

Verlaat die hawe wat jou kon omvou;

Dis jou skuilplek en jou veilige brug

Weg van die kokon waar duister nou tou.

Salig kan jy liefde uit Sy hand tap,

Want jy is uit sy ewebeeld gekap.

Sonnet 6

Want jy is uit sy ewebeeld gekap,

Geskoei, geskaaf, geknie, uitgesonder.

Op die grootwordpad word skoene deurtrap,

Dit laat jou twyfel, al soekend wonder.

Die gety van rypwording breek die ys

Waar jolligheid jou roekeloos aan staar;

Ervaring moet aanstons die pad aanwys

En hoopvol, biddend, die broosheid bewaar.

Jy vind jou voete stadig maar seker,

Die wil is daar en verbreed hierdie weg.

Vasberadenheid vul nou jou beker,

Jou radar nou ingestel om te veg.

Denke vernuwe en jy reis nou verder:

Genade so ryk, Hy is jou Herder.

Sonnet 7

Genade so ryk, Hy is jou Herder,

Oseane lê en berge wag voor.

Geloof bring krag en jy sweef weer verder,

Geraas raak minder om stilte te hoor.

Diplomas, grade, sertifikate –

Jy stap uit met ’n innerlike trots,

Dit gee jou sekuriteit in ’n mate,

So meer jy vas as Kaptein op die rots.

Voorraad word geneem van jou verlede,

’n Solovaart se eggo raak alleen,

Verlange na getroud wees bring vrede,

Wanneer die bries koud oor jou gesig ween.

Die Melkweg troon daar bo, ’n sug ontsnap,

Waar golwe herinneringe verklap.

Sonnet 8

Waar golwe herinneringe verklap,

Is daar dalk ’n vergete droom wat wag?

’n Pêrel word gevorm deur die sand wat krap,

En ’n meermin grasieus boog in prag.

Rotsvas staan my huis teen die wind se spoed,

Gegrawe, gemessel, reeds gepleister,

Eenvoudig maar met waardevolle goed,

Afwagtend, want ’n belofte fluister.

Klokke lui, die ring is aan die vinger,

’n Jubelende feesmaal, klink van glase,

Kousband en blomme word hoog geslinger,

Die bruidspaar begin ’n nuwe fase.

Dan is daar diep stilte in ’n oomblik,

Sag ontlaai met ’n kinderlike snik.

Sonnet 9

Sag ontlaai met ’n kinderlike snik.

My bruid, my vrou, my bloed, in een gesmelt,

Die branders breek en stuur ’n bose strik;

Geen sikloon skeur ons hegtheid met geweld.

Musiek van liefde laat die nag verdwyn,

Vir ewig het ons ’n verbond gesluit.

Dit bring die sonlig deur die swaarste pyn,

En geen seerower kan die skat kom buit.

En in die stil, vroeë oggendure,

Word ’n klein wonderwerk aangekondig.

Die koms, die asem verbreed die mure –

’n Kind, pasgebore en onskuldig.

Ons lewe is nou nuut en saam gesmee,

Geleer om iets moois weer terug te gee.

Sonnet 10

Geleer om iets moois weer terug te gee.

Al kos dit wat, geniet jy dit terdeë.

Die oseaan skenk wysheid aan my mee,

Dit vorm my siel en laat my stil, verleë.

Tradisies en waardes staan altyd hoog,

Volwasse groeiend in saamwees gebind.

In die skemer skets sproei ’n fraai reënboog,

Waar drie nou vreugdevol hul vierde vind.

Voetspore, twee by twee, in die wit sand,

Die huisie vind sy plekkie op die kus.

’n Silhoeët van vriendskap, hand aan hand,

Vervulde gedagtes vol en gerus.

Alles bruis, borrel en verdryf die knik,

Stewig geplant in die visstok se mik.

Sonnet 11

Stewig geplant in die visstok se mik.

Ontspanne afgetree, die jare vlieg,

Seisoene word fyn aanmekaar gestik;

Heerlik langs die viswater, ek moet bieg.

Kinders raak groot en vind hul eie nis,

Gure witperdjies moet hulself trotseer.

Vangste word gepak in ’n groot skatkis,

Ouer generasies word nou waardeer.

Karakter moet maar stoei, woel en werkskaf,

Soos almal worstel met die lief en leed;

Gevoelens soms gestrand en moeg, bek-af,

Diepte seevier al het hul dit nie breed.

Hul sprokieswêreld word nou weggevee,

Somberheid en grouheid het hier oortree.

Sonnet 12

Somberheid en grouheid het hier oortree.

Die derde geslag skep ’n onthulling,

Nuwe waardigheid in respek geklee,

Die klein bootjie bring hoop in vervulling.

Giggel-laggies verleng al jou jare,

Dit voel of jy weer vaar op die water.

Jy stuur self jou skip, dit roer jou snare;

Die hede roep jou terug veel later.

Ervaring werp lig op die oppervlak,

Jou skip vertoon al myle op sy hout;

Jy weerspieël dit wat jou nie sal knak,

Al is jy verweer deur wind, sand en sout.

Wolke en lug skenk reën vir jou gemoed,

Stilte vir siel, gees, liggaam is gevoed.

Sonnet 13

Stilte vir siel, gees, liggaam is gevoed.

Die grondpad is bevriend met my stapstok,

Ek wandel en tuur van onder my hoed;

Die dae krimp en dit kom as ’n skok.

My krag vir sit en staan is uitgeput,

Diep binne is ’n kolkende gemaal.

Die radar was my innerlike stut,

Maar nou het ek van koers af weggedwaal.

Trots was ek die leidsman vol van glorie,

Maar nou ’n lydsman met so baie vrae;

Vandag is alles net ’n kaal teorie,

Wat my laat terugverlang na ouer dae.

Die water reflekteer die laaste gloed,

Die ouderdom spoel oor my soos ’n vloed.

Sonnet 14

Die ouderdom spoel oor my soos ’n vloed.

Teen een knoop per seemyl ek's tevrede,

Die wil is sterk, soms begewe die moed –

Dra my asseblief in jul gebede.

Die dirigent se stok swaai vry en wyd,

Ons lewensdans word deur die lot gelei,

Vertroos ons veilig deur ons aardse stryd,

Tot by die grens waar al ons paaie skei.

Die skipper groet sy Skepper op die strand,

Nederig buig ek voor my grote Heer.

Hy was my vriend, my held in elke land,

Tot in die ewigheid bring ek Hom eer.

Vas sal my anker op die rots bly staan,

Ons vind net ons weg om huistoe te gaan.

Sonnet 15: Die Meestersonnet

Ons vind net ons weg om huistoe te gaan,

’n Nooiensvaart vasgevang in ’n boek.

Al struikel jy sal die lig jou pad baan,

Dit beskerm jou teen die ou seevloek.

Vertrou die Een wat die nag ophelder,

Want jy is uit sy ewebeeld gekap.

Genade so ryk, Hy is jou Herder,

Waar golwe herinneringe verklap.

Sag ontlaai met ’n kinderlike snik,

Geleer om iets moois weer terug te gee.

Stewig geplant in die visstok se mik,

Somberheid en grouheid het hier oortree.

Stilte vir siel, gees, liggaam is gevoed,

Die ouderdom spoel oor my soos ’n vloed.

About the Competition

The Global Poetry and Creative Writing Competition 2026, hosted by Hashtag Kalakar, is a prestigious platform for writers to share their creative expressions. It celebrates diverse voices and literary styles, offering participants the opportunity to showcase their talents on a global stage. This competition is a testament to the power of words and their ability to inspire and connect individuals across cultures.

We extend our heartfelt thanks to Barbara Geldenhuys for her poignant contribution, "Die Skipper Groet," to the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026. Her evocative exploration of life's journey through the lens of maritime imagery enriches our understanding of the human experience. We look forward to seeing more of her inspiring work in the future.

About Hashtag Kalakar

Hashtag Kalakar is a creative platform dedicated to providing artists, writers, singers and other creative talents with opportunities to showcase their work and reach wider audiences through competitions, features and creative initiatives.

 
 
 

Recent Posts

See All
Ek haat jou - By Juni-Ann George

Written By: Juni-Ann George Category: Poetry Competition: Global Poetry and Creative Writing Competition 2026 Juni-Ann George presents a poignant piece titled "Ek haat jou" in the poetry category for

 
 
 
In die stilte - By Juni-Ann Elizabeth

Written By: Juni-Ann Elizabeth Category: Poetry Competition: Global Poetry and Creative Writing Competition 2026 In "In die stilte," Juni-Ann Elizabeth presents a profound poetic exploration in the G

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page