Om die mooi in niks te sien - Waar lig deur skerwe breek - By Anja Boshoff
Written By: Anja Boshoff
Category: Essay
Competition: Global Poetry and Creative Writing Competition 2026
In the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026, Anja Boshoff presents a poignant essay titled "Om die mooi in niks te sien - Waar lig deur skerwe breek." This reflective piece, categorized under Essay, delves into the profound theme of finding beauty in brokenness. Anja's work invites readers into a world where transformation occurs amidst the shards of what once was, presenting a narrative that is both evocative and deeply moving.
About the Work
Anja Boshoff's essay captures a narrative of transformation and renewal. Through a vivid metaphor of a broken mirror, she explores the concept of beauty not in its traditional form, but in the scattered fragments left after a fall. The imagery vividly conveys a journey from despair to illumination, showcasing the mirror's evolution from a mere reflector to a beacon of light and joy. The mood transitions from desolation to hope, emphasizing the potential for new beginnings even in the aftermath of loss.
Om die mooi in niks te sien - Waar lig deur skerwe breek
Original Submission by Anja Boshoff
Om die mooi in niks te sien - Waar lig deur skerwe breek.
Ek onthou hoe dit was om heel te wees. Ek het teen ‘n muur gehang en mense hulself teruggegee soos hulle wou glo hulle is. Ek was net ‘n spieël, niks besonders nie, maar tog nodig. Tot die dag wat ek val.
Die kraak was skielik. Hard. Onherroeplik. En toe was ek nie meer een nie, maar baie. Stukkies wat nie meer bymekaar pas nie. Ek het gewag vir iemand om my te herstel, om my weer te maak wat ek was. Maar niemand het nie. Hulle het net gesug en my weggepak.
In ‘n kartonboks, tussen stof en vergete goed, het ek begin verdwyn. Ek het geluister hoe die wêreld aangaan sonder my. Gelag, deure wat oop- en toe klap. Lewe wat nie stop vir gebreekte dinge nie. Ek het begin glo dat gebreek wees ‘n einde is. Dat niks na ‘n kraak oorbly nie.
Soms het die lig deur ‘n skeur geval en oor my skerwe gegly. Vir ‘n oomblik het ek geblink. Nie soos voorheen nie, skerper, anders. Maar niemand het dit gesien nie. Niemand het lank genoeg gekyk nie en stadig het ek self ook ophou kyk.
Toe het die boks eendag oopgegaan. Lig het ingestroom, helder en onverwags. Hande het my uitgehaal, nie haastig nie, maar versigtig. Ek het gewag vir die asdrom. Vir die einde. In plaas daarvan het hulle my afgestof en op ‘n tafel uitgesprei, asof my breeklyne iets beteken.
Hulle het nie probeer om my weer heel te maak nie. Hulle het my verander. Stukkie vir stukkie is ek op ‘n sfeer geplak. Ek het gevoel hoe my gebrokenheid ‘n nuwe patroon word. Nie ‘n spieël nie. Iets anders. Iets wat ek nie verstaan het nie, of wel nog nie.
Tot die lig aangeskakel was. Musiek het deur die vertrek beweeg, en skielik het ek begin leef. Ek het lig gebreek en teruggestuur in duisende klein strale. Teen mure, oor gesigte, in oë wat lag. Mense het gedans onder my, arms oop en harte lig. Ek het nie meer net weerkaats nie, ek het gegee en geskitter.
Nou hang ek hoog bo dansvloere en kyk hoe vreugde beweeg. Niemand sien meer die breeklyne nie. Hulle sien lig. Hulle voel lig. En elke straal wat uit my ontsnap, dra iets sagter as wat ek ooit was.
Ek het geleer dat mooi nie altyd in heelheid woon nie. Soms lê dit in wat oorbly wanneer alles wat jy was, uitmekaar val. Want selfs in die skerwe kan lig vassteek. Selfs in niks kan iets begin skitter. En miskien is dit wat dit beteken om werklik mooi te wees.
About the Competition
The Global Poetry and Creative Writing Competition 2026 by Hashtag Kalakar celebrates the creative spirit of writers worldwide. This prestigious event serves as a platform for emerging and established voices to share their unique narratives and poetic expressions. With a focus on diverse themes and storytelling, the competition fosters a community of literary enthusiasts and provides a stage for compelling works to be showcased.
Thank you, Anja Boshoff, for sharing your inspiring essay "Om die mooi in niks te sien - Waar lig deur skerwe breek" in the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026. Your exploration of beauty within brokenness resonates with a powerful message of transformation and hope. We appreciate your contribution to this vibrant literary event and look forward to witnessing more of your creative journey.
About Hashtag Kalakar
Hashtag Kalakar is a creative platform dedicated to providing artists, writers, singers and other creative talents with opportunities to showcase their work and reach wider audiences through competitions, features and creative initiatives.



Comments