top of page

Lente in die lokasie - By Elizna Overgoor

2 hours ago
11 min read

Written By: Elizna Overgoor

Category: Short story

Competition: Global Poetry and Creative Writing Competition 2026

Elizna Overgoor presents "Lente in die lokasie," a poignant short story submitted to the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026. In this competition, writers from around the globe share their diverse narratives and unique perspectives. Elizna's story offers a vivid glimpse into the life of a young girl named Doortjie, capturing the essence of her world with authenticity and warmth. Set against the backdrop of a vibrant community, "Lente in die lokasie" explores themes of innocence, hope, and resilience.

About the Work

In "Lente in die lokasie," Elizna Overgoor crafts a narrative that is rich in imagery and emotion. The story's atmosphere is both lively and tender, portraying the daily lives of its characters with depth and sincerity. Through the eyes of Doortjie, readers experience a world where simple joys and harsh realities coexist. The writing style is evocative and engaging, drawing readers into the intimate moments and challenges faced by the characters. The story beautifully captures the spirit of community and the enduring bonds of family.

Lente in die lokasie

Original Submission by Elizna Overgoor

Lente in die lokasie

Die sinkhuisies blink in die Desemberson. Hier en daar staan trotse baksteenhuisies. Kinders hardloop tussen die nou straatjies rond, hul gesigte vuil, maar hul monde in groot glimlagte. Blikkerige musiek blêr uit die sjebeen en buite, op omgedopte kratte, sit moeë klante en teug aan die louwarm drank. Die volgende oomblik kom ’n klein dogtertjie verbygehardloop. Haar vlegsels trek agter haar aan, die blou lint daarin wapper agterna.

Een van die mans lig sy hand en vra hardop: “Waarheen vandag, Doortjie?”

Doortjie stop ’n entjie van die sjebeen af en draai terug. Haar verbleikte rokkie is dun gedra, die soom uitgerafel, maar haar gesig is pragtig: groot, ronde oë, ’n fyn neusie en twee perfekte rye tande. “Ouma het gesê die katjies kom vandag. Sy het gesê ek mag een vir my vat. Hulle moet eers nog by hulle mamma bly voor ek een mag vat.”

So ver as wat sy hardloop, flits die huise by Doortjie verby. Uiteindelik kom sy tot stilstand voor ’n huis wat eenkant van die ander staan. Geel en oranje blommetjies versier die tuin en ’n lappie gras sukkel om aan die lewe te bly. Sy swaai die hek oop en spring tot voor die deur.

“Ouma! Tannie Charlie!”

Die vrou wat die deur oopmaak, is beeldskoon. Haar vel is ’n ligte okkerneut, vol lippe, ligte bruin oë wat laggend afkyk na Doortjie.

“Mammie het gesê jy sal al voor middagete hier wees. Kom in. Die katjies is nog nie hier nie, maar jy kan help koekies bak terwyl ons wag.”

Doortjie laat nie op haar wag nie en druk verby Charlie. Langs die tafel in haar rolstoel sit Ouma. Haar lyf is krom van die ouderdom, maar haar oë glinster asof sy ’n jong meisie is. ’n Hees lag borrel uit Ouma. “Jy kan ook nie wag nie, kan jy? Ek sou jou dadelik laat weet het as Bessie se katjies op pad is.”

“Ja, maar netnou is haar kleintjie gebore voor ek hier is. En ek wil haar katjies vang. Ek gaan eendag dokter word.”

“Is dit so? Net verlede week wou jy die maan verken. Wat het nou verander?”

“As ek ’n dokter is, kan ek vir pappa help as hy seer het. En dan kan ek vir mamma help dat sy nie meer so baie hoes nie.”

Ouma en Charlie deel ’n kyk.

“Het jou pappa weer seergekry?”

“Ja, tannie Charlie, hy het ’n groot sny oor sy been. Maar hy het gesê dis sommer niks. ’n Stuk sink het hom gesny. Hoe weet ons wanneer Bessie se katjies op pad is?”

“Jy sal gou sien. Kom, staan hier by die tafel en help my die bestanddele meet. Ons kan Bessie se katjies celebrate met koekies en tee.”

Doortjie frons soos sy konsentreer om die meel regaf te meet. Sy steek haar vinger in die beslag en maak haar oë toe van lekkerte. Sy rol die deel in yslike balle.

“Niemand hou van pieperige koekies nie. Ons gaan baie krag nodig hê om vir Bessie te help met die katjies.”

Charlie het net die pan in die oond gestoot toe Doortjie aan haar broek trek.

“Kom kyk, ek dink iets is fout met Bessie.” Sy swaai om en hardloop tot in die slaapkamer waar ’n boks in die hoek staan. Binne-in lê ’n bont kat, haar asem styg en val.

Charlie hurk langs Doortjie en druk haar vas. “Bessie is okay. Sy werk baie hard om haar kleintjies uit te kry. Kom ons wag in die kombuis. Ek belowe ons kan oor ’n paar minute weer kom.”

Doortjie huiwer, maar die gedagte aan die koekies laat haar mond water. “Okay, maar ons moet vir haar melk gee. Sy sal seker honger wees.”

Charlie belowe en vryf Doortjie se hare deurmekaar.

Na wat soos ’n ewigheid voel het Doortjie eindelik Bessie se katjies gesien. “Kyk hoe oulik! Maar hoe gaan hulle weet waar om te drink as hulle oë nog toe is?”

“Moenie worry nie. Hulle weet presies waar hulle mamma is. Kom, ek het vir jou ’n paar koekies ingesit om huis toe te vat. Dis amper donker, ek stap saam met jou.”

Doortjie hardloop tot by Ouma, gee haar ’n stywe drukkie en hop by die deur uit met die belofte om môre weer te kom kuier.

*****

“Tannie hoef regtig nie saam te stap nie. Daddy sê altyd niemand sal dit waag om Apools Ytjies se dogter seer te maak nie.”

“Ek voel beter as ek saam met jou stap. Ek wil anyway hoor hoe gaan dit met jou ma. Mens sien haar amper nie meer nie.”

“Ja, mammie wil nie meer tussen mense wees nie. Sy is bietjie sieker die laaste ruk. Haar medisyne is amper op. Daddy het gesê hy sal ’n plan maak om weer te kry.”

Hulle stop voor ’n groterige sinkhuis. Twee jong seuns speel sokker met ’n vodde bal. Hulle hou lank genoeg op met speel, dat Charlie hulle behoorlik kan bekyk. Al twee is lang en lenig gebou. Hul gesigte is jonk, maar hul oë vertel ’n ander storie. Daar is min kinders hier wat nie al verskriklike goed gesien het nie, en Apools se seuns is beslis nie ’n uitsondering nie. Wat hulle al gesien en gedoen het, is veronderstel om altyd ’n geheim te bly vir kinders van hulle ouderdom.

“Mirrag Charlie. Was Doortjie weer lastig?”

“Hallo Devon. Glad nie. Sy beur ons altyd op met haar kuiers. Is julle mammie tuis?”

“Sy is in haar kamer. Vandag is weer erg.”

“Dankie, Aiden. Kom Doortjie, ons gee vir jou mammie van die koekies en jy kan haar vertel van die katjies.”

Doortjie stamp die deur oop en roep soos sy hardloop: “Mammie, mammie! Ons het vir jou koekies gebring, en Bessie het haar katjies gekry. En een van hulle is myne!”

Doortjie se ma lê opgekrul in die bed. ’n Hoesbuis oorval haar voor sy haar gaste kan groet. Die beddegoed is vaal van ouderdom, maar tog het dit meer kleur as Jamie.

Jamie se blik dwaal verlangend oor Charlie. Daar was ’n tyd wat sy die mooiste meisie in die dorp was. ’n Tyd toe Apools soet woorde in haar oor gefluister het. Dis nie meer haar voorreg nie, maar Charlie s’n.

“Dis wonderlik skat. Ek kan doen met ietsie soets. Hallo Charlie.”

“Jamie...Doortjie vertel dit gaan weer slegter. Is die kliniek al weer sonder medisyne?”

“Ja. Dis die hoeveelste keer. Daar is nie genoeg fondse vir die kliniek om al die medisynes te kry nie. Apools vra al vir die laaste week. Maar ek weet hy sal ’n plan maak. Hy doen altyd.”

“Is...is hy uhm hier?”

“Nee. Hy is ’n rukkie terug hier uit. Gesê hy het ’n groot job gekry. Weet nie hoe lank hy die keer weggaan wees nie.”

“Maar mammie, wat van daddy se verjaarsdag? Gaan hy terug wees voor dan?”

“Ek weet nie, my baby. Ek is seker hy sal.”

Jamie maak haar keel skoon en skuifel deur toe. “Ek moet gaan. Sien jou môre, Doortjie. Jamie— praat as daar iets is.”

Jamie kyk Charlie agterna. Sy het al probeer kwaad wees, maar dan kom Apools terug met haar medisyne, iets om haar op te beur, of sy kyk hoe hy saam met Doortjie by die tafel sit en inkleur. Apools Ytjies. Gevreesde bendeleier wat gedwee toelaat dat ’n dogtertjie vir hom sê wat om te doen. Hoe kan sy kwaad wees? Hy kyk goed agter hulle.

Sy ruk toe Doortjie langs haar op die bed sit.

“Ek kan nie wag om vir Daddy te wys watter katjie is myne nie. Kan ons vir hom van die koekies bak wat ek en Tannie Charlie gemaak het? Dink mammie hy sal daarvan hou?” Sy kyk vol afwagting na Jamie.

“Ek is seker hy sal mal daaroor wees, baby. Roep jou boetas, sê hulle moet kom eet.”

Apools is Doortjie se held. In haar oë kan hy niks verkeerd doen nie. Wat sou gebeur as sy oor ’n paar jaar die waarheid weet? Jamie is lief vir hom ten spyte van sy buitemuurse aktiwiteite. Aiden en Devon se toekoms is klaar in klip gekap. Hulle weet wie hulle pa regtig is. Maar Doortjie-sy is onskuldig. Jamie wil nie die een wees wat dit vuil maak nie.

*****

“Wanneer gaan dit ophou? Elke keer wat jy by daai deur uitstap, bid ek dat jy terugkom. Al is dit stukkend. Doortjie begin meer en meer vra oor waarheen jy gaan. Ek weet nie meer wat om te sê nie, Apools!”

“Shh! Jy gaan die kinders wakker maak.”

“Jy antwoord nie my vraag nie.”

“Jamie ek...jy weet niemand wil vir my ’n job gee nie. Dit wat ek doen, is hoe ons survive! Dink jy regtig ek wil vir die res van my lewe in die krot bly? Ek soek ’n proper huis vir ons. Weg van almal wat elke dag hier sit en vrek.”

“Ons? Sluit dit Charlie ook in?” Jamie verwag woorde en spoeg om oor haar te breek. Iets vernietig wat byna nie meer daar is nie. Maar soos altyd verbaas Apools haar. Hy vat haar hand in syne, die kyk in sy oë laat haar krimp.

Sy stem is sag wanneer hy praat. “Ek het jou destyds belowe ek sal jou nie los nie. En ek het nie. Ek was daar every step of the way met die kids. Elke delivery. Elke bad day. Even toe jy siek word, het ek jou nie gelos nie. Maar ek kan nie myself force om inlove te wees nie. Love and inlove aint the same...”

“Jy kry my net jammer nè?”

“Ek gee om vir jou. Baie. Dis hoekom hierdie job die laaste gaan wees. Ek wil vir jou en die kids ’n beter lewe gee. Maar ek wil aangaan met Charlie. Ek toss jou nie aside nie—”

“Dis okay. Ek verstaan Apools. Doen die job, kom terug. Moenie oor my worry nie. Jy was goed vir my. Daar was ’n tyd wat ek gehoop het jy... Ek is jou guilty conscious.”

*****

“Happy birthday daddy! Happy— waar’s daddy? Hy kan nie sy eie birthday mis nie. Julle het belowe hy sal hier wees.” ’n Sagte snik ontsnap uit Doortjie se keel en twee groot trane drup oor haar wang.

Jamie steek haar arms na Doortjie uit. Haar klein lyfie ruk ontroosbaar. “Daddy moes vir ’n paar dae uit. Voor die einde van die week is hy terug. Toe, vee af jou trane. Hy het belowe hy bring vir jou ’n groot present om sorrie te sê.”

Doortjie vee haar trane hardhandig aan haar arm af. “Regtig mammie? Weet mammie wat dit is?”

“As ek geweet het, sou ek anyway nie sê nie. Toe, moenie verder huil nie. Alles sal okay wees.”

“Maar wat van Aiden en Devon? Hulle kamer is leeg...”

Jamie wens sy het nie nodig gehad om te jok nie. Die waarheid brand witwarm deur haar maag. “Hulle...hulle het by pelle gaan kuier. Daddy kry hulle op pad terug.”

“Ek wil volgende keer saam. Miskien sal hulle dan met my speel.” Doortjie staan koponderstebo vir ’n paar tellings en glimlag breed wanneer sy opkyk. “Miskien is dit beter as daddy nie nou hier is nie. Ek gaan vir hom ’n beter persent maak.” Sy draai om en huppel by die deur uit.

Jamie bly in die bed en glimlag wrang. As almal soos Doortjie was, sou die wêreld nie so bad gewees het nie.

*****

Doortjie word wakker van stemme in die kombuis. Sy kreun en rol om. Nog net ’n paar minute dan sal sy opstaan. Sy druk die kussing oor haar kop, maar sy hoor steeds die stemme. Sy besluit sy gaan nie weer geslaap kry nie en trek aan. Sy sluip saggies nader aan die kombuis. Haar nuuskierigheid te groot om weg te bly. Sy sukkel om alles te hoor, maar skielik laat iets haar omswaai en terug sluip kamer toe.

“Ek het geweet hy sal my nie drop nie. Ek gaan hom surprise by die veld. Hy gaan altyd eers soontoe voor hy huis toe kom.” Sy vat ’n vel papier, vou dit op en steek dit in haar rok se sak voor sy by die venster uitklim. Toe haar voete grondvat kyk sy terug om seker te maak haar ma sien haar nie. Toe sy niemand sien nie begin sy hardloop.

Die lokasie lyk anders in die vroegoggend lig. Die huisies mooier en die vuil strate skoner. Meeste van die mense slaap nog of het pas opgestaan. Sy weet hoe klink die lokasie as almal wakker is. Hoe nader sy aan die veld kom hoe meer opgewonde raak sy. Sy hoop daddy hou van haar geskenk. En sy wil hom vandag vat dat hy kan sien hoe die katjie lyk wat sy gaan kry. Miskien kan hy aan ’n mooi naam dink vir haar.

Doortjie kom tot stilstand. Hande op haar knieë hyg sy na asem. Amper daar. Sy hoor iets wat nie hier hoort nie. Sy draai haar kop en luister. Miskien het sy haar verbeel. Sy dog sy het stemme gehoor, maar sy sien niemand. Sy besluit om verder te stap, bietjie asem te kry.

Die veld doem voor haar op. Aan die linkerkant staan die ou geboutjie. Dis ’n lekker speelplek vir kinders, solank die grootmense hulle nie vang nie. En in die middel staan haar pa. Sy rug is na haar gedraai. Dis goed, dink net hoe surprised gaan hy wees as sy skielik langs hom is. Sy spring met ’n vaart weg, ’n groot glimlag breek oor haar gesig.”

*****

Sweet tap teen Apools se slape af. Die onrustigheid wil nie gaan lê nie. Stanley het gesê hy sal hom hier kry. Dis tyd dat hulle once and for all besluit wie dinge run. Devon...hy wou so graag deel wees van als. Die thrill chase. Hy moes van beter geweet het. Apools vee vir die soveelste maal die sweet van sy voorkop af. Hoe vertel hy vir Jamie...vir Doortjie. Die gun is gemaklik in sy hand. Dis nie meer so swaar soos die eerste keer nie. Dis wat hom uit die moeilikheid hou.

Hy spits sy ore toe hy iets agter hom hoor. Hy twyfel nie. Stanley. Vandag betaal hy vir Devon. Hy haal die geweer oor, swaai om en trek die sneller.

*****

Apools kap die kruis met ’n laaste hou in die grond. Agter hom huil Charlie en Ouma. Jamie staan doodstil en kyk na die hopie grond. Aiden staan hande gevou, glaserige oë en staar voor hom uit. Apools vat ’n hopie grond in sy hand en gooi dit vir die wind. Hy wens hy kon so maklik wegraak. Die laaste paar dae was hel.

Hy steek sy hand in sy sak en haal ’n opgevoude papier uit. Hy vou dit oop en staar daarna. Hy, Jamie, Aiden, Devon en Doortjie staan voor ’n groot huis. By Doortjie se voete sit ’n klein katjie. Sy vingers streel oor die kol bloed waar Doortjie staan. Sy wou hom net surprise. Die prent vir hom bring. En nou...nou is dit al wat hy het van haar. Die laaste ding waaraan sy gevat het. ’n Vetkryt picture vir hom.

About the Competition

The Global Poetry and Creative Writing Competition 2026, hosted by Hashtag Kalakar, is an esteemed international event celebrating the creativity and talent of writers worldwide. Participants submit works across various genres, showcasing their unique voices and storytelling abilities. This competition serves as a platform for authors to share their narratives and connect with a global audience, fostering a community of literary enthusiasts and creatives.

Thank you, Elizna Overgoor, for sharing "Lente in die lokasie" with the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026. Your story offers a touching portrayal of community life and human connections. We appreciate your contribution and look forward to seeing more of your compelling storytelling in the future.

About Hashtag Kalakar

Hashtag Kalakar is a creative platform dedicated to providing artists, writers, singers and other creative talents with opportunities to showcase their work and reach wider audiences through competitions, features and creative initiatives.

 
 
 

Recent Posts

See All
Lagos Molue - By Edwin Ondor

Written By: Edwin Ondor Category: Poetry Competition: Global Poetry and Creative Writing Competition 2026 In the Global Poetry and Creative Writing Competition 2026, Edwin Ondor presents "Lagos Molue

 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
bottom of page